"Die Tafels van Vermenigvuldiging" deur ABRAHAM FOUCHE [boodskap #10020] |
Vr, 18 Julie 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die Tafels van Vermenigvuldiging
Abraham Fouché
Nou eers het ek die les geleer
dat die lewe maar 'n som is
en dat ons antwoorde daarop
maar almal ewe dom is.
Die Tafels van Vermenigvuldiging
was my steeds ongenadig,
na 'n lewelank van eet en drink,
bly ek nog onversadig.
Saai tot in die triljoenste mag,
die oes bly ewe skamel:
plusminus 'n klein handvol as
is al wat ons insamel.
My rykdom nou, 'n druppel reën
wat in 'n kappertjie gekelk is,
met glans wat voortleef in die gees
ná kleur en fleur verwelk is.
(gepos deur gloudina bouwer)
|
|
|